Thursday

Vrydag 23 September 2011


Gou vanoggend bietjie admin en korrespondensie afgehandel voordat ek saam met Wilma en Nico by die herberg op die dorp 'n hap gaan eet. Eergister aan die gang gekom met die laaste hoofstuk van die 2de afdeling van hierdie ms. Briefvorm, wat beteken ek moet weer oorskakel na 'n eerstepersoonstem, soos aan die einde van die 1ste deel. Daar was dit Colette se reisjoernaal, nou is dit Nandi se afskeidsbrief. Ek hou van die simmetrie.

Weet nie of ek die 3de afdeling ook met iets meer persoonliks in die eerste persoon kan afsluit nie, dis nog te ver in die toekoms, sal moet sien as ek daar kom. Of anders dalk elkeen van die 3 dele met 'n eerstepersoonstem begin? In daardie geval sal hierdie laaste hfstk van deel 2 dalk eerder die 1ste hfstk van deel 2 word. Hmmm.

No comments:

Post a Comment