Thursday

Vrydag 12 Augustus 2011

En noudat ek eindelik weer aan die skryf kom ná 'n break van 'n volle week, is dit Vrydag. Dus lê daar weer 'n break van 2 dae voor. Nee, erger, dis 'n langnaweek, Maandag is 15 Augustus, iets met Moeder Maria te doen, dus 3 dae, maar ek sal móét werk al is dit 'n jour de ferie. Volgende naweek kom Jens vir 'n week en dan gaan dit weer bitter moeilik wees om my ritme te behou.
Munch se 'primal scream'

Gister het ek 1977 se hfstk volledig geplot, nou moet ek dit net neerskryf. 'Net neerskryf', ha! Ek raak al hoe banger hoe verder die teks vorder. Miskien is dit hoekom ek onbewustelik verskonings begin soek om breaks te vat en die skrywery uit te stel. Kom by a point of no return in die ms, kan nie meer omdraai nie, al wat nou oorbly, is deurdruk einde toe.

Die begin van enige storie is altyd so heerlik, alles is mos moontlik, jy kan enige pad kies, en dan word die hekke een vir een agter jou toegemaak soos jy skryf, tot jy hier teen die helfte nie meer veel van 'n keuse het nie. Die paadjies wat oorbly, word al hoe nouer en steiler en moeiliker. Dis waar ek nou is met hierdie ms. Klippe kou teen die opdraende uit.

No comments:

Post a Comment