Thursday

Saterdag 17 Desember 2011

Niks is so ver soos die nabye verlede nie. Net wéér besef toe ek by die hfstk oor die jaar 2000 kom. Voel mos sommer soos gister, maklik, sou jy dink, nie nodig om elke enkele feit te check en te double check nie, mens het mos darem 'n geheue. Ha! As dit by tegnologiese ontwikkelinge kom, is die jaar 2000 so goed soos 'n eeu gelede.


Ek wou hê Tina moet op 'n Oujaarsaandpartytjie vir haar ouers 'n SMS stuur. Besef toe (1) dat die meeste hoërskoolkinders nog nie selfone gehad het aan die begin van die jaar 2000 nie en (2) dat SMS'e eers 'n paar jaar later rêrig vlamgevat het. Dit klink toe so ongelooflik, dis mos asof selfone nog altyd deel van ons lewe was, dat ek weer eens op internet moes gaan vasstel wannéér selfone werklik gewild geword het in die ontwikkelde wêreld. En dit lyk inderdaad asof die waterskeidingjaar eers in 2002 gekom het.

No comments:

Post a Comment