Thursday

Woensdag 8 Februarie 2012

Kliek! Glory hallelujah! Ek het die afgelope 2 dae al die korreksies wat ek op die papier-ms aangebring het, ook op die rekenaar oorgetik en weer aan die laaste deel gewerk – en teen 13 minute oor middernag laas nag het ek die befaamde kliek in my kop gehoor. Toe stuur ek terstond die hele ms vir Riana. Nee, ek's nie tevrede nie, tevrede is 'n te selfvoldane woord vir die weerlose toestand waarin ek my aan die einde van so 'n uitmergelende skryfproses bevind. Ek is uitgeput, ek is eindeloos verlig dis darem nou tydelik verby (tot ek binnekort weer moet voortgaan met korreksies en proeflees en vertaling), en ek voel taamlik positief daaroor. Dalk werk dit. Dalk. Maar bowenal is ek váák. Ek wil 'n paar nagte lank onverpoos slaap. En ek wil weer ander mense se boeke begin lees. Die laaste 3 weke is al my gewone leestyd saans en naweke oorgeneem deur hierdie ms. Dis miskien waaroor ek die heel blyste voel. Dat ek weer 'n slag woorde kan lees wat ek nie self geskryf het nie.

No comments:

Post a Comment