Thursday

Dinsdag 16 Augustus 2011

Dis dalk die moeilikste hfstk in die hele boek, hierdie ene waar Nandi se pa doodgaan en sy agterkom hy was al die tyd nie haar pa nie. Ek vermoed ek is presies in die helfte van die teks, ek weet ek is in die helfte van die aantal jare waaroor ek die storie uitstrek, ek weet ook hierdie is een van die belangrikste draaipunte in die storie. Daarom soek ek nou aanhoudend verskonings om terug te keer na vorige hfstke, brokkies inligting by te las, frases dood te trek en oor te skryf. Enigiets om tog net hierdie volgende hfstk 'n bietjie langer uit te stel.


Maar ek het met ander hfstke mos ook al gesê dis die moeilikste tot dusver. En ek sal dit sekerlik vorentoe weer sê. So here we go. Steve Biko is einde September 1977 dood, interessante artikel daaroor in Time op internet opgespoor, Nandi se pa is 3 weke later dood, op 10 Oktober 1977. Krugerdag is dit destyds genoem, om Paul Kruger se geboorte te gedenk, wonder wie onthou dit nog...  

No comments:

Post a Comment