Thursday

Dinsdag 3 Januarie 2012

Hoe op aarde het ons boeke geskryf voor internet bestaan het?!? Wonder ek vanoggend weer terwyl ek 'n paar videos van ingewikkelde sjirugiese operasies op YouTube bekyk. 

Ek wou meer van die Whipple Procedure weet (waarvan ek ook eers laas week op internet geleer het), asook ander moontlike pankreas-snitte, omdat Martine 'n operasie moet ondergaan waarin 'n deel van haar pankreas verwyder word. En, weer eens, al wéét ek dat ek nie eens 1 persent van die inligting in my storie gaan gebruik nie, kon ek my nie behoorlik in Martine se kop indink terwyl ek nie verstaan hoe so 'n operasie werk nie. 

Wel, nou verstaan ek - en in die proses het ek meer gesien as wat my maag soms kon vat. Ek's nie so 'n sissie dat ek flou val as ek bloed sien spat nie, maar as daar so voor my oë in iemand se binnegoed rondgekrap word, draai my maag asof ek op 'n Big Dipper ry. Nee dankie, sê hierdie gansie. Só bly ek het toe nie 'n dokter geword soos ek vlugtig in my jeugjare wou nie. 

No comments:

Post a Comment