Thursday

Maandag 16 Januarie 2012

So te sê klaar met wat veronderstel was om die laaste hfstk te wees – maar nou kom die bitter moeilike epiloog-hfstk waar al 3 hoofkarakters betrek moet word en al die los drade mooi ingewerk moet word. En dan sal ek seker nog 'n week nodig hê om die hele storie van begin tot einde deur te werk om foute en flaters te soek. Bv al die karakters se ouderdomme na te gaan om seker te maak dat hulle nie deur die loop van die storie wonderbaarlik jonger of ouer geword het as wat hulle veronderstel is om te wees nie. En vanne en plekname en die kleur van hare en oë en al daardie simpel maar belangrike dinge. 

As 'n storie oor 'n maand of drie afgespeel word, soos my Griet-boeke of Hanna Hoekom, is dit betreklik eenvoudig om die voorkoms en gedrag van die karakters konsekwent te hou. As dit oor 'n dekade uitgespin word, soos Wegkomkans of Koue kos, word dit meer tricky. En as die storie oor 7 dekades loop, het ek nou geleer, word dit waaragtig 7 keer meer ingewikkeld as enigiets wat ek nog geskryf het.

Dis soos om 'n Fair Isle-patroon met 7 verskillende kleure wol te brei as jy gewoonlik net regs en aweregs met een kleur brei. Selfs 'n ervare ou breier soos ek moet konsentreer vir al wat sy werd is.

No comments:

Post a Comment