Thursday

Dinsdag 22 November 2011


Goddank elke keer as 'n hfstk besonder moeilik is om te skryf, volg daar weer ene wat betreklik glad vloei. Ek trek by Maart 1992, Referendumdag, en Tina en Charlynn kyk na die ou papierpoppe en gesels oor keuses. Nie politieke keuses in hulle geval nie. Keuses oor hulle ma's. Wie's jou regte ma? Die een uit wie se maag jy kom? Of die een wat jou die liefste het?

Internet het gisteraand onverklaarbaar verdwyn, dus g'n navorsing vandag nie, net skryf, skryf, skryf. Gelukkig klaar die nodige info vir die hfstk versamel, dus g'n verskoning nie. Hier gaan ons. Skryf, kinta, skryf. Kinta is Tina se ma se troetelnaam vir Tina. Ek weet nie waar dit vandaan kom nie, dit het vanself gebeur toe die ma begin praat. Nog een van die baie dinge wat vanself gebeur. 

No comments:

Post a Comment