Thursday

Donderdag 29 September 2011


Dit is volbring. Nee, snert, dis nog ver van volbring, dis maar net die 2de van die 3 afdelings wat gisteraand klaar geskryf is, en ek sal dit sekerlik weer oorskryf en verder verander. Maar ek het tog vanoggend so 'n salige gevoel van volbrenging. Of dalk maar net vordering. Kom ons bly beskeie. Stadig maar seker vorder ek. Ná 7 maande se aanhoudende werk, het ek 2 derdes voltooi. Dis iets.



Dit het goed gevoel om Nandi se afskeidsbrief in die 1ste persoon te skryf, om nader aan haar binnewêreld te beweeg voordat ek haar moet groet. Sy het op my gegroei, soos die Engelse sê. Ek voel droewig as ek dink wat nog alles met haar moet gebeur, maar ek dink nie ek kan haar red nie. Sy's soos 'n kar sonder brieke op 'n kronkelende bergpad. Die kans dat sy lewendig anderkant kan uitkom, is bitter skraal. Ongeskonde is heeltemal onmoontlik.


No comments:

Post a Comment