Thursday

Sondagaand 11 Desember 2011

Amper klaar met die TRC-hfstk van 1997 – en ek gaan dit blykbaar nie regkry om Tina en haar gesin voor die TV te laat sit om 'Truth Commission Special Report' te kyk nie. Heeltemal te veel ander storiegegewens wat deur dialoog en aksie oorgedra moet word.


Het oor die naweek probeer werk, maar daar was 'n magdom ander take, niks met skryf te doen nie, wat eers afgehandel moes word. Die Krismisboom wat ek saam met Mia moes gaan koop en versier, die Kerspresente wat ek saam met Mia moes gaan koop, die Kerskaartjies wat ek vir die familie moes stuur, Hakima wat geboorte gegee het en in die hospitaal besoek moes word, 'n present wat vir die ma en die nuwe baba gesoek moes word, beskuit en koekies wat gebak moes word voor die vakansie begin... Word van voor af moeg as ek net na die lys kyk.

Wat ek wel in hierdie stadium kan sien, is dat die nuus oor prinses Diana se dood 'n groter rol in hierdie hfstk gaan speel as Tina se ma se koerantstorie oor die WVK. Nie so beplan nie, dis al wat ek maar weer kan sê, dis net hoe die dice geval het. 

No comments:

Post a Comment