Friday

Vrydagaand 10 Augustus 2012

Mia is terug van haar kuier by die skoonfamilie in die noorde, steeds hartseer oor haar verlore katjie, maar tog ook opgewonde oor haar kuier volgende week by haar maatjie se vakansiehuis in die Pyrennees. Ek moet taxi speel, natuurlik, ses uur se ry soontoe, die nag oorslaap en ses uur se ry terug. Wou eintlik ook by die Brownes in Lasseube 'n draai gaan gooi het, maar dit gaan nie uitwerk nie want ek mis klaar 2 dae se werk met hierdie rondryery en ek kan dit eintlik glad nie in hierdie stadium van die wedstryd bekostig nie. Dis presies die 2 dae wanneer die Engelse redakteur die laaste deel van die vertaling na my sal terugstuur vir finale goedkeuring. Hoe gouer ek weer agter my lessenaar kan inval, hoe gouer kan ons die vertaling by die drukkers kry.

Mirepoix - naby waar ons Mia moet gaan aflaai
As ek vir Alain kon gestuur het om vir Mia te karwei, kon ek by die huis gebly het om te werk, maar hy het pas die laaste skof van sy 'straf' vir laas jaar se verkeersoortreding begin uitdien. Minstens drie maande sonder rybewys wat vir hom voorlĂȘ. Oor 2 weke moet hy weer in die hof verskyn en dan sal ons weet hoe lank dit gaan wees voordat hy weer mag bestuur en of hy 'n boete ook nog moet beaal of tronk toe moet gaan of wat de hel verder gaan gebeur. Intussen lewe ons in onsekerheid en hoop en ongeloflike stres. Nie wat ek nou nodig het nie.

No comments:

Post a Comment