Thursday

Vrydagoggend 6 Januarie 2012

Vanaand begin ek eet aan daardie begeerlike worteltjie wat ek dwarsdeur die sogenaamde Feesdae voor my eie neus moes rondswaai om aan die skryf te bly. 'n Naweek in Parys saam met my man sonder kinders of katte of enige ander aanhangsels. Twee volle dae waarin ek gaan probeer om glad nie eens aan hierdie storie te dink nie.

Glo nie ek sal dit regkry nie.


 Athol Fugard kry 'n eredoktorsgraad van die US in 2006
Intussen darem aan die gang gekom met hfstk 29, die jaar 2006, Tina se gradedag. Gister weer eens besef hoe onontbeerlik dit is om feite te check en te double-check – en hoeveel makliker internet dit maak as wat dit voorheen was. Wou nie die naam van die kanselier by Tina se gradeplegtigheid noem nie, gedog ek kan die geleentheid heeltemal goed genoeg beskryf sonder spesifieke name, maar check toe nogtans op internet wie was in 2006 kanselier van die Universiteit van Stbosch, net vir daardie bitter belangrike prentjie in my eie kop. O gaats, sien ek, dit was Elize Botha! Die 1ste en tot dusver enigste vroulike kanselier van US. En dit maak beslis 'n verskil aan die beskrywing, selfs al wil ek nie name noem nie, want hy en hom moet sy en haar word.
Nog iets wat ek dankie tog gecheck het, is wanneer watse grade uitgedeel word, want ek wou Tina laat joernalistiek swot (om haar ma te please), maar vir die verloop van my storie is dit noodsaaklik dat die gradedag in Desember moet wees – en B Phil Joernalistiek-studente kry hulle grade eers in Maart. Ek moes dit seker uit eie ervaring onthou het, maar nou ja, my joernalistiek-gradedag was so lank gelede dat ek ou foto's in my albums moes gaan soek om te sien watter kleur die band was wat om my toga gehang is. (Goudgeel, natuurlik, soos al die bande van lettere en wysbegeerte.) Intussen selfs vir Lizette Rabe by die joernalistiek-departement gekontak om 'n paar vrae namens my fiktiewe joernalistiekstudent te vra – en toe moet Tina op die ou end tog net 'n gewone BA honneursgraad kry, seker maar in Afr, haar studie moet wel iets met woorde te doen hê, omdat die datum in hierdie hfstk belangriker is as presies wát die karakter studeer.

No comments:

Post a Comment