Thursday

Maandag 19 Desember 2011

Sit gisteraand in vriesende winterweer langs die kaggelvuur en plot die einde van die 2000-hfstk waar Tina en haar ouers op 'n lieflike sonskyndag op 'n balkon langs die see sit en brunch eet. O, as ek maar op daai balkon kon sit! Daai salige somerson kon voel!

Ek moet Tina se pa behoorlik laat lewe, want in die volgende hfstk gaan hy waarskynlik dood wees. Ek wil Tina en haar ouers laat praat oor hulle wense vir die nuwe jaar, ek wil graag 'n hoopvolle hfstk hê want die volgende een gaan somber wees. En toe vra Tina se ma skielik of sy nie haar 'regte' ma wil soek noudat sy 18 word nie. 

Wéér eens iets wat ek nie beplan het nie, maar die vraag moes een of ander tyd kom, kon dit tog nie uitstel tot die hfstk waar Tina se ma doodgaan nie, en dit was eensklap duidelik dat die regte oomblik aangebreek het. Trouens, dit het so 'reg' gevoel dat ek 'Jis!' uitgeroep het, wat Alain en Mia voor die TV verbaas na my laat kyk het. Net so 'n sekonde, toe besef hulle ek's besig met my boek en gaan voort met hulle lewe en los my in my parallelle bestaan.

No comments:

Post a Comment