Thursday

Donderdag 1 Desember 2011


Een van die kamers in die ou huis 
Vyf volle dae verloor terwyl ek moes gaan mure verf in die ou huis om die vervlakste plek verkoop te kry. Nou lê die naweek en Mia se vervlakste verjaardagpartytjie voor. 

Intussen darem 3 uittreksels na my redakteur gestuur sodat ons 'n paar vertalers kan vra om 'n stukkie proefvertaling te doen – en Riana se reaksie ná sy die uittreksels gelees het, was so geesdriftig dat ek sommer weer moed geskep het vir die laaste skof. 

Moet erken ek begin bietjie vuisvoor voel hier teen die einde van 'n moeilike jaar vol persoonlike krisisse waarin ek heeltyd onverpoos aan 'n roman moes werk. En nou lê die pylvak voor.

No comments:

Post a Comment