Wednesday

Woensdag 26 September 2012



Voila! Die blou boek het opgedaag, got the picture to prove it, en soos gewoonlik ervaar ek `n mengelmoes van verligting en trots en iets vreemder, amper `n soort antiklimaks. All that for this?! Amper 2 jaar van pyn en lyding vir so `n eenvoudige voorwerp van papier. So `n brose ding bly `n boek darem. Gooi dit in `n vuur en poef, net as en rook bly oor.

Nee, ek`s nie swartgalllig nie, eintlik nogal heel opgewonde. Dis net, wel, soos dit is. 'Vergeet van Mao se Klein Rooi Boekie', het ek gister op my Facebook-groep se muur gespog. `Koop eerder Marita se Groot Blou Boek.' Eben vandie uitgewer se bemarkingspan praat van die blou golf wat die land gaan tref. Mog het troffe, prewel ek in  my binneste. Mog het troffe!

Maar daar`s mos altyd ook `n bietjie ongeluk by die geluk - anders was ons seker klaar in die hemel? - en hierdie keer is dit `n staking by die drukkery. Wat beteken die boek is nie die naweek in die winkels soos beplan nie, maar eers teen volgende naweek. Wanneer my SA promosietoer reeds aan die gang sal wees! En die vertaling sal eers op 8 Oktober beskikbaar wees! Drat en zut en verdomp. Maar nou ja, help nie ek ontstig my daaroor nie, woon gelukkig al lank genoeg in die staakmal Frankryk om te verstaan van stakings. Que sera sera?

3 comments:

  1. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  2. Dis 11 maande na die wit verlange van 24 Okt 2012 dat ek hierdie blersie blou skryf, maar vir my is die blou nou baie vars. Sekerlik nog iets waarmee 'n skrywer moet saamleef - lank na die laat gaan is daar mense wat vir die eerste keer ontdek.
    Ek het 4-uur vanoggend een van daardie onverklaarbare "klaar geslaap" ervarings gebruik om "blou van onthou" klaar te lees.
    'n Manlike leser wat min nodig het om deur 'n goeie storie gevang te word. Het so drie voorlesings op RSG gehoor en nou gaan "blou van onthou" saam met "Fiela se Kind" op die boekrak staan vir weer lees. Veral nadat ek "storie agter die storie" vanaand gelees het - dankie dat jy die brainwave om dit te deel laat gebeur het. En ja, dit werk goed so na die boek se lees; dit was "lekker" om die ontvou van die storie te herken en te besef daar is aanknooppunte wat ek in die storie gemis het.
    En die dubbelsinnigheid wat in "onthou" "ont-hou" skuil het gebly so saam met die blou wat altwee onthou-s na die storie bring!!
    'n Kosbare juweeljie was die "Jis!" oomblik waar Alain en Mia besef - o, sy's besig met die storie.
    Terug by "blou van onthou" en die RSG voorlesings - meer as die storie was dit jou woordskilder wat my gevang het en meer wou laat hoor - Afrikaans inderdaad.
    Groete
    Rehan (oud Citrusdaller)

    ReplyDelete
  3. En in die horrible jaar 2020 het RSG die voorlesings heruitgesaai. Op n Donderdagaand. En dan raak ek aan die slaap. Toe koop ek die boek en ek sit vandag en ek lees hom deur (gaan dit nog n paar keer doen). Dankie Marita

    ReplyDelete