Thursday

Maandag 1 Augustus 2011

En skielik lê 'n volle 3 weke sonder gaste soos 'n heerlike leë blasdsy voor my. Meer as 'n week sonder 'n kind in die huis (Mia het gister saam met haar maatjie Marie na die Pyrennees vertrek) en dan nog 2 weke waarin ons geen oorslaapgaste verwag nie en waarin ek kan werk, werk, werk. Daar sal sekerlik onverwags gaste opdaag en dit sal sekerlik heerlik wees – dis mos altyd 'n genot om saam met gawe mense te kuier – maar omdat ek my hierdie somer vir die eerste keer in jare voorgeneem het om aan te hou skryf aan 'n roman en nie soos gewoonlik net 'kort stukkies' vir die pers of vir skoolboeke te doen nie, waardeer ek my kosbare skryfure meer as ooit.

Goed, ek is in New York, naby Times Square, besig om Macy's se 'Day Parade' te bewonder...

No comments:

Post a Comment