Thursday

Maandag 16 Mei 2011

Sus het vertrek, ná ons die hele week lank heerlik gekuier het en ek niksverder kon skryf aan my storie nie. Mis haar reeds, maar gretig om weg te spring met die volgende hfstk, Colette in Londen in 1959.

Mei-maand se papawers op my staptog gesien 


Gister 'n wilde mistralwind aangedurf om 'n lang ent te gaan stap en die agtergrond vir die hfstk uit te dink. Oxford Street en Hyde Park op 'n winterse Sondagmiddag wanneer die eerste sneeu van die seisoen begin val, dis wat ek besluit het. Colette durf haar derde Europese winter aan, die aanvanklike opgewondenheid het plek gemaak vir 'n intense heimwee, sy wonder of sy nie maar moet huis toe gaan nie...

No comments:

Post a Comment