Thursday

Vrydag 6 Mei 2011

Voorbereidings vir die daknatmakery
Verjaardag, broer se koms, daknatmaak-paartie môreaand, sus wat Maandag kom, hoe op dees aarde gaan ek tussen alles deur aan die skryf bly? Darem al by hfstk 7, waar Colette op die Union Castle-skip na Engeland vertrek, 1957. Moes navorsing doen oor skepe en skeepsvaarte in die jare 50. Ook, soos vir al die ander hfstke, oor modes, boeke, musiek, nuusgebeure, die hele katastrofe. Sal 'n verligting wees as ek eindelik by die jare 60 uitkom, ná my eie geboorte, waar ek uit my eie geheue kan begin put. Sal natuurlik steeds moet nalees om my geheue te verfris, maar minstens sal daar 'n geheue wees om op terug te val!









No comments:

Post a Comment