Thursday

Maandag 25 April 2011



Paasmaandag. Wat beteken ek moes vanoggend eers 'n Paaseier-skattejag vir Mia en 'n maatjie organiseer. En dis boonop skoolvakansie en universiteitsvakansie, wat beteken die huis is vol en deurmekaar en raserig met Alain en sy musiek en Mia en haar maats en Daniel en sy maats, en dit word by die dag moeiliker om myself af te sonder om te skryf. 

Frustrerend, want ek het net begin voel die valskerm vou oop en ek sweef so lig soos 'n veer oor die rekenaarskerm - nou het ek weer kaplaks op my stert geval. Moeilik om te glo ek het skaars 'n maand gelede in alle erns begin skryf aan hierdie storie, want teen dié tyd voel die karakters soos ou-ou bekendes, en ek mís hulle noudat ek nie elke dag by hulle kan uitkom nie.

No comments:

Post a Comment