Thursday

Donderdag 14 April 2011

Nou's ek by 'n geváárlike stadium. Eerste 5 hfstke is 'voltooi' (1ste weergawe in elk geval!) en ek kan nie langer die versoeking weerstaan om van voor af te begin en by te las en te skrap en te verbeter nie. Met vorige boeke het ek geleer dis beter om eers 'n ent ver te stap voordat ek begin terugkyk, anders sal ek nooit 'n boek klaarkry nie, net lewenslank herskryf aan wat reeds geskryf is. Maar ek kan ook nie die volle pad aflê voor ek omkyk nie, dan's daar te veel wat ek langs die pad sal vergeet. Dus het ek besluit om vandag, voordat ek met die volgende hfstk (1955) begin, eers bietjie te karring aan wat klaar daar is. En mag die gode my asseblief tog teen my ou kwaal van kompulsiewe herskryf beskerm.   

No comments:

Post a Comment