Thursday

Dinsdag 29 Maart 2011

Bingo! Soms kan historiese navorsing op internet erg frustrerend word as jy net nie kan kry wat jy soek nie - soos die afgelope paar dae toe ek g'n inligting kon opspoor oor hoe Stuttafords in die jare 40 van binne gelyk het of watter ware op watter verdiepings verkoop is nie - en toe begin ek vanoggend ietwat halfhartig soek na Kaapstadse bioskoopsale in dieselfde tydperk. En daar slaan ek die jackpot!
Die ou Alhambra in Kaapstad


Eers 'n blog van 'n Britse soldaat wat in Aug 1942 'n paar dae in Kpstd deurgebring het – net mooi 'n maand voordat my karakter saam met haar ma in Kpstd moet inkopies doen en fliek - en 2 keer by 2 verskillende bioskoopsale gaan fliek het. Met beskrywings van die geboue, die films, selfs 'n foto van 'n kaartjie vir die vertoning in die Plaza Theatre. Selfs die prys van die kaartjie! En toe soek ek verder onder Alhambra Theatre en vind die móóiste foto's en beskrywings van die plek. Nou's ek so reg soos 'n roer om verder te skryf aan my 2de hfstk. Adderleystraat 1942. Here I go.



No comments:

Post a Comment