Thursday

Donderdag 16 Junie 2011


Help! Meer as 2 weke het verbygevlieg en ek het nie 'n dooie of lewendige woord verder aan my storie geskryf nie. Te veel ander skryfwerk en organiseerwerk, die onderhoud met die prins Albert en sy SA bruid in Monaco, my rubrieke vir Sarie, 'n resensietjie wat ek vir Elmarie Rautenbach belowe het, korrespondensie oor die Afrikaanse fees in Amsterdam en 'n moontlike filmprojek vir Stiltetyd en 'n klomp e-boekkontrakte en, en, en... 
Tussendeur moet ek broer se werk aan die huis supervise en toeristerige uitstappies reël om hom darem ook gelukkig te hou. Hoeka op so 'n uitstappie na Nîmes dat Alain toe omkap en in die hospitaal beland. Gróót skok. En ek het nog nie tyd gekry om die skok behoorlik te verwerk nie, want ek moes my voorlesing vir Amsterdam voorberei en 'n afskeidsete vir broer reël. Hy vlieg vandag terug na SA en ek vlieg na Amsterdam. Die plan is om 'n stukkie uit die nuwe ms daar op die gehoor te gaan 'toets'...


No comments:

Post a Comment