Thursday

Vrydag 27 Mei 2011

Fernando soos in Pessoa


Driekwart deur die Portugese pelgrimstog. Die grootste uitdaging hier is om die joernaalinskrywings kort en kragtig te hou. Nie gestroop nie, ek wil die emosie behou, maar die hele affêre moet nie uitgespel en uitgerek word nie. Eintlik is dit die grootste uitdaging van die hele teks tot dusver – om amper dertig jaar in die lewe van 'n karakter in kort flitse van herinneringe te vertel. En dan moet ek dit weer 'n keer doen met die tweede karakter. En weer 'n keer met die derde karakter.

Ek sê mos altyd ek soek 'n nuwe uitdaging met elke boek, iets wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie, iets wat ek nie weet of ek kán doen nie. En met hierdie een is die uitdaging om 'n storie oor meer as 70 jaar te laat afspeel – sonder dat dit 'n lywige baksteen van 'n boek word. 

Nie dat ek 'n dun, 'gestroopte', koue, letterkundige boekietjie wil hê nie. Nee, ek soek dun met emosie. (Hoekom klink ek skielik vir myself soos 'n kondoom-advertensie?) Of dan in elk geval nie-te-dik-nie met gevoel.

No comments:

Post a Comment